Slat die Pad na 2021 met GrootFm 90.5

Sun. 29 Nov, 2020 2:00pm - 6:00pm SAST
All Ages
R160.00 - R175.00
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
R160.00 - R175.00
All Ages
Event Description
Slat die Pad na 2021 met GrootFm 90.5

Vergeet die sorge van 2020 en kom Slat die Pad na 2021 saam met Ruan Josh, Franja du Plessis, Riaan Benade en Liezel Pieters. Ruben Delmage, gewilde radio-omroeper van GrootFM, is jou gasheer vir die dag terwyl jy met treffer na treffer bederf gaan word.


Die musikale Ruan Josh het vir hom ’n stewige plekkie in die musiekbedryf uitgekerf en musiekliefhebbers word meegevoer deur sy stem wat elke emosie kan oordra. Geniet gerus sy musiekvideo vir sy enkelsnit, Provider, hier: 



Franja du Plessis het diep in Afrikaanse musiekondersteunders se harte gekruip en spog met verskeie treffers op haar speellys. Haar musiekvideo vir haar treffer, Lag Tot Jy Huil, is ook bykans ’n miljoen kere op YouTube geniet. Loer hier: 



Riaan Benade het die Afrikaanse musiekbedryf gestormloop en sy enkelsnit, Gooi Nog ’n Whiskey, wat tans op radiostasies landwyd se ranglyste sy verdiende plek inneem. Geniet dié liedjie se musiekvideo hier: 



’n Engelstem wat bekoor - dít is waarmee Liezel Pieters luisteraars meevoer en konsertgangers laat vra vir meer van haar. Haar enkelsnit, Asemloos, het aanhangers se asems weggeslaan - kyk na die musiekvide hier:



Slat die Pad na 2021 word op Sondag, 29 November, vanaf 12:00, in die magiese koepeltent, The Monte Dome, by Monte de Dios, aangebied. Dié toevoeging tot die venue is ’n indrukwekkende struktuur met klank, beligting en toerusting van wêreldgehalte.


Gaskunstenaars vir die dag is Renaldo, Melanie, William Wolf, Carmen Basson, Jemma Pheiffer en Ruan Jordaan.


Konsertgangers kan hulself in die kos- en drankarea bederf met die heerlikste opsies om van te kies terwyl die kinders veilig in die speelarea kan baljaar.


Met die spasie wat The Monte Dome bied, maak dit moontlik om binne die regulasies rondom Covid-19 te bly en bied die gevoel van ’n buitelugkonsert - maak nie saak wat die weersomstandighede is nie.


Bring vriende, familie en selfs kollegas en kom sluit die jaar op ’n hoë noot af!


Vir enige navrae rondom kaartjieverkope kontak gerus ons kaartjievennoot, TIXSA by:


012 880 26 35 / [email protected] 


Beskikbare tye:


Maandag - Vrydag 9vm - 5nm

Saterdae 10vm - 4nm

Sondae 10vm -1nm

Publieke Vakansiedae 10vm - 1nm
Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Monte de Dios Dome 106 Achilles Street
Pretoria, GP 0081
Join the Conversation

Follow the event with #SlatDiePadNa2021