Sorex Estate Gin and Wine Festival

Multiple Dates & Times
All Ages
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
  • Comments
Event Stats
All Ages
Event Description
Sorex Estate Gin and Wine Festival

The Sorex Estate – Gin and Wine Festival. Celebrates the best and diverse offerings that the Centurion community has to offer. This will be the start of one of Gauteng’s biggest annual 2 day festivals. With a wide variety of Gin and wine vendors displaying their best and providing the ultimate tasting experience to all 3000/day patrons. Local Entertainment from in and around Centurion where our new up and coming artists perform their new songs and also some of the best cover songs you can find, to keep the party going, on an outdoor production stage.


Sorex Estate is a Family friendly venue, with more than enough activities that will entertain from young to old. Kiddies play area, Diverse big/small market, beer tent, food trucks, Live stage performances and of course the Gin and Wine display and tastings.


"This Event is 100 % Cashless for the convenience and safety of the event. On arrival, find the Cashless King top-up station, get your Cashless card and load it with funds - from there tap to pay. If you run out of funds on your Cashless King card, simply go reload funds at any Cashless King top-up station within the festival.


Cashless King's event card is a LifeTime card that can be reused at all their events (so keep it for the next event). If you have leftover funds on the card after the event, simply visit https://www.my-imali.com/cashless-king-events and Cash Out (what's yours is yours) - refunds open on the Monday after the event. The website and serial number required for the refund is found on the back of the Cashless King card.


 

Anton Botha Band

Anton Botha is al vir langer as 'n dekade in die musiekbedryf en nie net is hy 'n buitengewone musikant nie, maar boonop 'n SAMA-genomineerde kunstenaar daarby. Met Anton Botha aan die stuur van sake, verseker dit dat enige optrede onvergeetlik sal wees.

Nuutste Oorspronklike Album: Alles Of Niks
Anton Botha se splinternuwe album, Alles of Niks, wat in 2012 vrygestel is bestaan uit 15 liedjies vanuit Anton se eie pen. Hy was ook betrokke by die produksie van die album. Die lirieke sal met jou hart praat en die ritme sal sorg dat jou voete nie kan stil sit nie. Die liedjie ‘Love Jou Baie’ het Anton spesiaal vir sy dogtertjie geskryf. Hy het besluit om ‘n video te maak van die liedjie “Engeltjie” waarin Zetske van Pletzen teenoor hom speel. Sy tweede video, “Naby My”, is ook onlangs opgeneem. Beide word gereeld op televisie gespeel. Die verspreiding van die album word deur Select Musiek Distribusie behartig en is beskikbaar by die meeste toonaangewende musiekwinkels en kan ook bestel word by www.antonbotha.com.
Nuutste Album/ Produksie:
Anton is tans besig met ‘n baie opwindende projek waarby oud en jonk sal aanklank vind. “My grootword liedjies, my volksbesit” is propvol ou gunstelinge. Almal van sussie tot oupa gaan saam met hierdie album sing. Liedjies wat jy al vergeet het soos “Saai die waatlemoen”, “Aanstap Rooies” en “Boesmanland” sal jou laat terug dink aan jou lekkerste kinderdae herinneringe. ‘n Ware album vir oud en jonk.
Die Anton Botha Band toer tans die land met Born to be Wild. Hierdie skep die geleentheid vir al die “closet rockers” om hulle staal te wys. Snitte soos Cocaine (JJ Cale), Gimme all your Lovin’ (ZZ Top) en Fat Bottom Girls (Queen) sal verseker dat jy die hele aand sal saamsing, “air-guitar” speel en saam dans. Die Anton Botha Band maak seker om hulle eie unieke afdruk op hierdie legendes se musiek te plaas. Dit neem die gehoor op 'n reis na 'n vergete tyd, 'n tyd van inry-fliek en die gebrul van V8-enjins. Met drie opeenvolgende suksesvolle vertonings by die Barnyard Teater in Vereeniging bewys dit net weer in watter klas hierdie vertoning val.
Wat om te verwag in 2015:
Die Anton Botha Band gaan ook poog om die lewendige opname van die baie suksesvolle Barnyard (Vereeniging) produksie, “I’ll be your substitute” in 2015 vry te stel. Met treffers soos “Save me” - Clout , “Ironic”- Alanis Morisette en “Dreams” - Cranberries gaan dit beslis ‘n moet-kry-DVD wees.


Anton Botha (Hoofsanger, Elektriese Kitaar)
In sy laerskool dae het hy alreeds saam met groot name soos Coenie de Villiers, Anneli van Rooyen en Randall Wicomb opgetree. In 2003 is Anton aangewys as een van die tien ATKV Crescendo finaliste. In 2008 word hy genomineer vir ‘n SAMA-toekenning vir die Beste Afrikaanse Pop Album vir Jakaranda. In dieselfde jaar is hy vereer met ‘n goue plaat vir sy bydrae tot die albums Country Kersfees en Country Konings 1 wat albei onderskeidelik meer as 20 000 eenhede verkoop het. As ‘n baie gewilde liedjieskrywer is sy musiek al deur verskeie van ons land se bekendste musieksterre opgeneem. Hy het ondermeer vir Juanita du Plessis, Karen Ferreira, Thys die Bosveldklong, Wynand Strydom, Karlien Husselman en Izak Davel geskryf.
Hy het al toere saam met die gewilde Robbie Wessels, Wynand Strydom en Thys die Bosveldklong gedoen en het gou in die publiek se harte ingekruip met sy see-blou oë.
Resensies van Anton se werk is al gepubliseer in tydskrifte soos Vrouekeur, Rapport, Rapport Tydskrif en nog vele meer en hy was ook al te sien op televisieprogramme soos Jukebox en DKNT2 op KykNET. Anton se musiek kan gehoor word op talle radiostasies en hy het ook al verskeie top tien plekke behaal op treffersparades. Anton Botha is verseker hier om te bly.
“Daar is so baie nuwe genres in die plaaslike musiekmark en elke nou en dan is daar ‘n nuwe kunstenaar soos Anton Botha wat my werklik met sy musiek beïndruk.” (Kurt Darren, Rapport Tydskrif, Bl 20, 26 November 2006)
Die Anton Botha Band:
Riaan Diedericks (Drommer)
Riaan is in Durban gebore en het groot geword met musiek in die huis. Hy het van kleins af al ‘n oor vir musiek gehad en het selfs ‘n oudisie vir die Drakensbergse seunskoor geslaag op die ouderdom van dertien. Toe hy veertien jaar oud was, besluit sy ouers om Vrystaat toe te trek en dit was in Bloemfontein waar hy toe sy tande as dromspeler begin slyp het. Hy het op skool begin speel in die ACSV band en elke pouse was daar kans om geraas te maak. Na matriek het hy in verskeie Bloemfontein bands gespeel soos die Kakiebos Cowboys, die Rockspiders, Punkreas, Ystervark, en die Musicon big band.
Terselftertyd studeer hy Elektriese Ingenieurswese aan die Vrystaat Technikon. In 2004 kry hy sy groot deurbraak toe Ddisselblom hom nader om voltyds deel te word van die band. Hierdie besluit was die keerpunt oomblik in sy musiek loopbaan. Vir vier jaar toer hy saam met Ddisselblom waar hulle ‘n gemiddeld van 140 shows ‘n jaar landswyd doen en ook gereelde optredes in die buiteland. Ddisselblom wen 2 Geraas-musiektoekennings in die tyd vir beste musiekvideo, beste groep en beste optrede.
In 2005 trek hy Pretoria toe en begin werk as ‘n voltydse drommer. In 2006 begin al hoe meer kunstenaars vir Riaan gebruik vir optredes en opnames. Hy was 3 jaar die permanente dromspeler vir Jan Blohm en wen in hierdie tyd ‘n SAMA-toekenning vir die Groen trui album. Saam met Jan Blohm het hy ook optredes in België, London en Namibië gedoen. Jak de Priester nader toe vir Riaan en hy toer 3 jaar saam met hom. Tussendeur tree hy nogsteeds op saam met verskeie ander kunstenaars en doen CD, DVD & TV opnames met name soos Nianel, Riana Nel, Anton Goosen, Dewald Dippenaar, Joe F, Robbie Wessels, Albert de Wet, Klopjag, Dozi en talle ander.
Riaan is betrokke by 2 albums met SAMA-nominasies: Klopjag Live by Aardklop DVD 2007 en Gerald Clark se CD Sweepslag. Hy het tot op hede al opgetree by ons land se grootste verhoë soos Skouspel, Oppikoppi, Kaktus oppi vlaktes & Highveld 94.7 Raw Rocks.

Kuifie van Heerden (Agtergrondstemme, baskitaar)
Kuifie is gebore in Vereeniging. Hy het op laerskool en hoërskool
begin belangstelling wys in musiek. Hy was deel van sy hoërskool se Kadetorkes, waarin hy sy-drom gespeel het. Op Tukkies het hy
die kultuursang begelei op kitaar. Alhoewel musiek altyd ‘n groot deel van sy lewe was het hy ‘n paar jaar later voltyds begin musiek maak saam met sterre soos Gerhard Steyn, Lianie en Jay, Joe F, Adam Tas, Ray Dylan, Jakkie Louw en Anton Myburgh. Kuifie kan ook gesien word in die musiekvideos van Gerhard Steyn, Die Broers, Freddie Nest, Ray Dylan, Adam Tas en Manie Jackson. “Optredes wat my baie na aan die hart lê is die Maanlig Makiti in Hartenbos, Rittelfees, KKNK hoofverhoog en die Voortrekker Monument in samewerking met Pretoria se Verjaarsdagfees.” Kuifie het ook die voorreg gehad om onlangs saam met ‘n Amerikaanse Musiekbediening op te tree tydens hul Suid-Afrikaanse Toer.

Christopher Francis (klankinginieur)
Chrisopher “Vis” Francis begin sy laerksool loopbaan by Laerskool Elarduspark in Pretoria. Gedurne sy hoërskool loopbaan, aan Hoërskool Waterkloof, begin die klank-gogga hom byt en het hy begin klank doen vir die NG Kerk Elarduspark. Hy het drie jaar (st.7-st.9) klank gedoen vir NG Kerk Elarduspark. Na afloop van sy skoolloopbaan spandeer hy 2003-2004 sy tyd in die Verenigde Koningkryk waar hy allerhande werke verrig. Hy keer in 2005 terug en spandeer twee jaar by Damelin waar hy Klankinginieurswese swot.
Kort na sy studies begin hy werk. Hy doen toere saam met Bobby van Jaarsveld, Watershed en Gerhard Steyn. Ander kunstenaars wat ook Vis se dienste gebruik sluit in: Stefan Ludik, Elvis se Seun, Karlien van Jaarsveld, Jessie Clegg, Pieter Smith, Blackie Swart, Jannie Moolman en Mathys Roets om maar ‘n paar te noem. ‘n Paar feeste (want daar is te veel om te noem) waar Vis die klankinginieur was vir verskeie kunstenaars sluit in: Gariep Kunstefees, Hart van Windhoek, Innibos Kunstefees, KKNK, Namaqua fees, Druiwefees, Bielie Mielie Fees, Kersiefees, Annibrand Kunstefees, Aardklop, Tekkiefees en Lusito Land Festival. Nie net is Vis in aanvraag by die feeste nie, maar hy het ook al in meeste van die teaters is Suid Afrika klank gemeng : Aula (Tuks), Wits, Vodacompark, Loftus, Atterbury teater, Pretoria State Theatre, Barnyard, Sand du Plessis, Die Boer teater, Sun City Superbowl en meeste van die stad-sale in Suid-Afrika. Vis is ook betrokke by musiekskole soos COPA en het al onder meer korporatiewe funksies gedoen vir ABSA, Standardbank, FNB, TOTAL, Nedbank PGA, Medi-Clinic, BestMed, SASOL en Herbal Life.
Die Anton Botha Band tree gereeld op by skoue en feeste soos die Aardklop Nasionale Kunstefees, Klein Karoo Nasionale Kunstefees en InniBos Kunstefees. Die orkes beskik oor hul eie klank en beligting.

Albums Vrygestel: Jakaranda (2007) ; Anton Botha sings Smokie’s Greatest Hits (2009) ; The Songs We Love (2010), Alles of Niks (2012), Born to be Wild (2013) en My Grootword-liedjies Ons Volksbesit (2014)

Anton, jy is ook liedjieskrywer: Ek skryf byna al my liedjies self. Ek is ook gelukkig om ander sangers se geloof in my skryfvernuf te hê soos Izak Davel, Juanita du Plessis, Karen Ferreira, Karlien Husselman, Thys die Bosveldklong en Wynand Strydom om maar net ‘n paar te noem.

Pieter Marcato

Pieter Marcato is a self taught musician playing over 5 instruments including acoustic guitar, banjo, mandolin and piano.nHe is a singer, songwriter, guitarist and founding member of the popular South African group Marcato. As part of Marcato, Pieter has toured through South Africa playing sold-out shows at most of the top venues and music festivals the country has to offer.nHe stars in the Simon and Garfunkel tribute show – Old Friends, in which he portrays Art Garfunkel. He plays bass and backing vocals in the Bob Dylan Tribute show – No Direction Home and Plays Guitar and backing vocals in the AC/DC Tribute show.nIn 2013 he started his own music production company (Legato Productions) and successfully wrote, directed and produced the Johnny Cash Tribute Show – The Man in Black and the AC/DC Tribute Show – For those about to Rock. In 2016 Pieter Marcato launched his solo career be sure to keep your eye out for it.

Tanya Vilance

Tanya, an exquisitely beautiful creature, is making her mark in the industry as South Africa's own Diva. Her lively shows and music for all occasions keeps her in very high demand the country over. Tanya has a unique style and her passion for music and entertaining carries through to her audiences. This prolific female vocalist guarantees entertainment of outstanding quality leaving audiences breathless, gasping and begging for more. Tanya made her first Album in January 2011 in Melkbosstrand with Tony Ridgway from Rocking Horse. This well received debut offering is entitled 'Want ek Weet'. Her new EP 'I'll Get There' under the direction of Rudi Massyn was released in the first quarter of 2014.nnGrowing up in Randfontein Gauteng South Africa, Tanya always knew that she wanted to entertain and that she has all the passion and commitment to follow her dreams off entertaining crowds and getting her voice and her music to the market.nnThis sterling young performer boasts loads of live music performances in South Africa having opened for the Parlotones at their Farewell Concert, held at Ellispark on the 12th January 2012, and again at Ellispark in 2013 performing for 22000+ people and was also seen on stages at Aardklop, Dozi’s Back to the Roots, and various Music Festivals, as well as at many, many other venues along with opening for Elvis Blue late September 2014.nnTanya features in Jack Stone's 'One World' which has been chosen as the theme song for the Feed A Child 'One World Campaign'. This video will introduce this outstanding performer to international audiiences very soon. Tanya is proud to be an ambassador for Feed A Child.nYou can follow Tanya V on facebook on Tanya V or you can follow Tanya on twitter @tanyavartist1.

Tian Nienaber

Tian Nienaber is a self taught musician who developed from a modern country background into a musician with a greater variety of genres. He is now able to play music from quite a few eras and genres. Ranging from Pop to Rock 'n Roll !n

Mari Bosman Musiek

Mari Bosman is sangeres en liedjieskrywer vanuit die Paarlvallei.nnSy het BSc studeer by die Universiteit van Stellenbosch, gevolg deur ‘n nagraadse diploma in onderwys. Op Stellenbosch het sy gereeld opgetree by bekende teaters en restaurante asook voor-shows gedoen vir plaaslike legendes soos Valiant Swart, Koos Kombuis en Karen Zoid. Ná 6 jaar as biologie -en skeinat onderwyseres in die Paarl, spandeer sy deesdae haar tyd as liedjieskrywer en sangeres.nnIn 2009 het sy die 5fm MyCokeFest kompetisie gewen in die afdeling ‘Best Original Music’. Een van haar liedjies is daardie jaar op die grootskerm gespeel tydens MyCokeFest as bekendsteling van plaaslike talent.nnIn 2013 het sy ‘n platekontrak geteken met Sony Music Entertainment as deel van die groep ‘Dogters Van Man’. Hierdie groep het bestaan uit haarself (akoestiek en stem), Maria Rademan wat tans in die groep TWEE is(klavier/keys en stem) en Renate Riedemann(viool en stem). Hul enkelsnit ‘Die gras is altyd groener’ het verskeie nr1 posisies behaal op radio. ‘n Musiekvideo is ook vrygestel:nnhttps://www.youtube.com/watch?v=dEmg8XPyAlsnnIn 2014 het die meisies van‘Dogters Van Man’besluit om hul solo loopbane te volg.nnMari het kort daarna haar eerste enkelsnit vrygestel, genaamd ’Enkelvlug’, wat baie goed ontvang is deur die publiek en radiostasies. In 2015 is haar tweede enkelsnit, ‘Mure Val’ op die platemaatskappy Coleske Artists se kompilasie Country is GROOT geplaas.nnIn 2016 het Mari haar debuut album klaargeskryf en opgeneem, genaamd 'Skakerings'. Hierdie album is onlangs vrygestel. Die musiekvideo van die eerste enkelsnit 'Skakerings'word in Junie 2017 vrygestel.nnMari is tans te sien op groot verhoë by feeste en geleenthede. Sy het ook onlangs voor-shows gedoen vir Theuns Jordaan, Steve Hofmeyr en Francois Van Coke. Sy is vinnig besig om golwe te maak in die afrikaanse musiekbedryf.nnSy beskryf haar musiek as Afrikaans rooiwyn rock'

Comments
Reserve Tickets
Please select an available date & time:

Venue Details
Map of Venue Location.
Sorex Estate 207 Utrecht Avenue
Centurion, GP 0014
Join the Conversation

Follow the event with #sorexestatefestival