Spat & Sprint
- Get Tickets
- Details

Sprint & Spat 2025, aangebied deur Hoerskool Oos-Moot. Die Moot se eie 5km 'Colour Run' vind plaas op Vrouedag, 9 Augustus 2025. Kom LOOP. DRAF en LAG SAAM OP VROUEDAG
IN PIENK & WIT. Hierdie 5km pretdraf is vir oud en jonk. Ons doel is om almal bymekaar te bring en die dag saam te geniet. Ons wil graag die hele Pretoria en al die skole uitnooi om die dag saam met ons te kom kuier. Skryf in as individu of as span of maatskappy. Volwasse deelnemers se kaartjies is R200 en skoliere R150. 'n Span van 4 is slegs R650.
Daar gaan musiek, kos, drinkgoed, baie pret en kuier wees. Veilige parkering is beskikbaar op ons skoolgronde of sportgronde. As jy 'n beter 'cheerleader' is en nie wil deelneem nie kan jy ook net kom saam kuier teen R100 per persoon. 'n Mini Sprint & Spat word vir die jongspan 2-6 jaar aangebied. 2-6 jariges wat nie deelneem nie se toegang is gratis.
Hemde is te koop op Tixsa, op die dag sal ons sonbrille, lip ice en ander oulike items verkoop.
Die hele gemeenskap gaan daar wees, kom ons KLEUR die Moot in. Elke kilometer is 'n ander kleur.
Hierdie geleentheid word geborg deur: Medihelp, Ramgrow, Waverley Plaza, Proshield Security, Netcare 911, LekkerFM. SOX en vele meer. Die geleentheid word aangebied deur Hoerskool Oos-Moot in samewerking met Jakaranda Kinderhuis en Louis Botha Kinderhuis. Hierdie instansies kry ook 'n gedeelte van die kaartjieverkope.
Dit gaan beslis een wees vir die boeke, moet dit nie misloop nie.
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: [email protected]
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm