Sprekervaardigheid vir Skoliere en Leergierige Volwassenes | Werkswinkel
- Get Tickets
- Details
AANGEBIED DEUR Pierre en Pauli Produksies
Die voorbereiding en aanbieding van ’n redenaarstoespraak is ’n fyn kuns en tegniek wat ’n gemiddelde spreker van ’n skitterende redenaar onderskei.
Pauli van Niekerk, bekende spreker, redenaarskenner en hoof van die Gladdebekke Sprekervaardighede Virtuele Afrigtingsentrum, wat landwyd en ook buite ons landsgrense sprekers afrig en slypskole aanbied, deel haar kennis en vernuf.
Dit is nie net ’n teoretiese werkwinkel nie, maar sluit ook praktiese oefening in.
Die waarde van redevoering is nie net beperk tot goeie kommunikasievaardighede nie, maar bou selfvertroue en ontwikkel kritiese denke – sleutelvaardighede waarby elke persoon kan baat.
Tydsduur: 150 minute
Prys: R300
Feesnavrae:
[email protected] | +27 61 5209041
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: [email protected]
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm
- Instagram: @kalfiefeeshermanuskunstefees
Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees