Staan sterk in Afrikaans 2026

Sa. 7 Mrt, 2026 om 7:00nm SAST
Alle ouderdomme
Alle ouderdomme
  • Kry kaartjies
  • Besonderhede
Event Stats
Alle ouderdomme
Event Description


Staan sterk in Afrikaans 2026: Sesde viering van musiek, kreatiwiteit en lekker kuier


Die bekende Staan sterk in Afrikaans-konsert keer in 2026 terug vir sy sesde bestaansjaar, en beloof om ’n onvergeetlike aand vol musiek, kreatiwiteit en eenheid te wees.


Hierdie jaar se konsert vind 7 Maart 2026 by AfriForum Teater in Pretoria plaas. Die geleentheid lewer nie net ’n indrukwekkende lys van Afrikaanse musikante nie, maar bring ook ’n paar verrassings wat die aand sal verryk. Die konsert het homself reeds gevestig as een van die hoogtepunte op die Suid-Afrikaanse musiekkalender en in 2026 vier dit sy sesde jaar van bestaan.


Die Staan sterk in Afrikaanse-konsert is ’n viering van Afrikaanse kunstenaars wat hande vat, wat met ’n gemeenskaplike doel die musiekbedryf betree: om saam te staan en ’n boodskap van nasionale trots en eenheid oor te dra. 


Volgens die organiseerder, Anton Fitchat, is die konsert ’n platform wat onafhanklike musikante die geleentheid bied om hul kreatiwiteit te deel en hul stemme gehoor te kry.


“Saam is ons sterker as een,” verduidelik Fitchat, wat die visie van die geleentheid mooi verwoord.


Ondersteun ’n goeie saak


In 2026 sal Staan sterk in Afrikaans nie net ’n viering van musiek wees nie, maar ook ’n belangrike fondsinsamelingsgeleentheid vir ’n wonderlike doel.


Die konsert ondersteun Adonia Angels NPO 119-791, wat fondse insamel vir mense in nood. Hierdie organisasie werk hard om die minderbevoorregtes te ondersteun, en dit is dus ’n kans vir alle konsertgangers om nie net ’n wonderlike aand van musiek te geniet nie, maar ook om ’n verskil in die gemeenskap te maak.


Kommentaar
Kry kaartjies
VisaMasterCardSID Instant EFT
Venuebesonderhede
Map of Venue Location.
AfriForum Teater Greenlyn Village-sentrum H.v. Thomas Edison en, 13th St, Menlo Park
Pretoria, Gauteng 0081