Steffi le Roux @ Habitat Potch Lentefees
- Get Tickets
- Details

‘n Tasvol Tunes
Met: Steffie le Roux en Werner Ferreira
‘n Tasvol Tunes is ‘n produksie met persoonlikheid, pret, stories en ongelooflike musiek. Steffie en haar mede-musikante sorg vir ‘n ongelooflike oomblik op die verhoog. Met die mooiste musikale momente, is hierdie ‘n produksie vir die boeke. Meeste van die liedjies is van Steffie se debuut-album, Vertel My, wat in Junie 2016 vrygestel is, maar kreatiewe verwerkings van bekende liedjies is ook deel van die program. Kom deel in ‘n heerlike middag wat jy vir lank nog sal onthou.
Dié meisie van die Klein Karoo se sing en musiekmakery kom al van kleintyd af; sy’t grootgeword op Oudtshoorn. Sy’s eerstens ʼn storieverteller, sê sy – en sy hou van eenvoud. Een ding is seker: sy beskik oor ʼn towerstem wat rooiwynlekker is om na te luister!
Daar’s ʼn onopgesmuktheid en ʼn broosheid hier teenwoordig wat mens deesdae bittermin in die musiekbedryf raakloop.
Vars en kontemporêr, dog tydloos is die klank wat Steffie en haar produksiespan op die album wou vestig; eenvoud en grootsheid terselfdertyd. Hoewel sy sélf ʼn knap liedjieskrywer is, het sy ook ander se woorde knus in haar eie wysies toegedraai.
Al die songs het oorwurms in; hulle bly draai, en draai, en draai in ʼn mens se kop lank ná jy klaar geluister is.
“HABiTAT Potch Lentefees : Uit die gemeenskap – vir die gemeenskap”