STEVE HOFMEYR -COUNTRY SHOW

Sat. 15 Jun, 2019 at 7:00pm SAST
All Ages
Price: R200.00
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
Price: R200.00
All Ages
Event Description
STEVE HOFMEYR -COUNTRY SHOW

Tydens 'n loopbaan wat meer as 25 jaar strek, ken Steve se kreatiwiteit geen perke nie; ook vir sy kwaliteit en kwantiteit by liedjieskryf, by plaaslike en internasionale musiekoptredes, in filmrolle (onder meer Platteland, Pretville en Treurgrond), in sy bekroonde boeke en by sy sterk sosiale kommentaar op vele forums.


Met die uitreiking van IF YOU COULD READ MY MIND, vernuwe Steve homself weer as sanger en na sewe jaar keer hy terug na een van die gewildste musiekmediums ter wêreld, asook sy eerste liefde: country.  


Hierdie album bestaan uit 15 van die mooiste country-liedjies en bevat ook 'n pragtige en roerende verwerking van die liedjie Teach Your Children wat Steve saam met die gewilde Coleske-broers, Ewald en Arnold, opgeneem het.


In sy eie woorde, is Steve opgewonde oor 'n projek wat duidelik na aan sy  hart lê: “Hierdie liedjies spook by 'n mens. Hulle laat jou nie sommer gaan. Ook die liedjies wat nie veronderstel was om ooit country te wees nie, het ons subtiel aangepas sodat hulle wel soos dié genre klink. Bob Dylan, Steve Perry en Cliff Richard sal waarskynlik vra hoe hul dit enigsins gemaak het op ‘n country-album. Wel, ons het. Niemand kan die sjarme van country weerstaan nie en baie min mense bly onaangeraak deur country se houvas op ons mees sentimentele instinkte. In die ateljee, het ek, Juan en Paolo deur die dik glas van die opname-stalletjie uit bewondering ons koppe geskud en vir mekaar geglimlag terwyl  ons hierdie ou ‘juwele’ weer ontdek het: Kenny Rogers se vaderlike fabels, Dobie Gray se groot siel, The Eagles se strelende harmonieë, Glen Campbell se klassieke aanslag, en Gordon Lightfoot se fyn-ingestelde en tuimelende verse. Ons het nie nodig gehad om weer die wiel te ontdek nie. Hierdie koninklike dames en here het die fondamente gelê terwyl ons nog besig was om te spaar vir goedkoop, tweedehandse kitare en laagrand stetsons. Ons weergawe is die skitterende beloning van rustig terug te sit en dit alles in te neem. Weer. En weer.” – Steve Hofmeyr 


Sosiale Media platforms:


Facebook: /steve.hofmeyr


Twitter: @steve_hofmeyr


Webtuiste: http://stevehofmeyr.co.za


YouTube: /SteveHofmeyrTV

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Centurion Teater/Theatre 123 Amkor Road
Centurion, Gauteng 0157
Join the Conversation

Follow the event with #CenturionTheatre