Swerwersongs | MUSIEK | STORIES

Fri. 8 Aug, 2025 4:00pm - 5:10pm SAST
Alle ouderdomme
77 days away
Alle ouderdomme
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
77 days away
Alle ouderdomme
Event Description


SWERWERSONGS MET PIETMAN GELDENHUYS EN ANNA DAVEL


Pietman Geldenhuys en Anna Davel se paaie kruis al vir jare.


Op verhoë waar klomp kunstenaars saam musiek maak, langs ‘n kuiervuur tydens ‘n feestelikheid, by troues van vriende, begrafnisse van musieklegendes en toekenningsgeleenthede waar hulle glase klink op wenners en verloorders en op die lewe.


Pietman het eens op ‘n tyd sy brood verdien as ‘n trekkerdrywer, verkoopsman, kelner en straatmusikant.


Anna was ook ‘n kelner, het gewerk as ‘n kolligoperateur, verhoogbestuurder, eiendomsagent en was ‘n Soldoedie vir 2 jaar. 


Dit skep die agtergrond vir baie interessante afdraaipaaie.


Dis tyd om die kampstoele uit te pak, ‘n vuurtjie te maak en die twee saam te gooi in ‘n heerlike mengelmoes van songs en stories oor ‘the road less travelled”.


Die gehoor kan uitsien na Davel en Geldenhuys se oorspronklike Afrikaanse musiek, asook meer bekende musiek oor vêr plekke van o.a. John Denver, Billy Joel en The Fureys.


Tydsduur: 70 min


Ouderdomsbeperking: Geen




Kaartjienavrae:


Telefoon: 012 880 26 35


e-pos: [email protected]


www.kalfiefees-hermanus.co.za  


Werksure:


Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm


Saterdae: 10vm to 2nm


Sondae: 10vm to 1nm


Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm

Comments
Reserve Tickets
Algemene Toegangskaartjie R220.00
Venue Details
Map of Venue Location.
Nederduitse Gereformeerde Kerk Kerkstraat
Hermanus, Hermanus 7200
Join the Conversation

Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees