TOUCH OF CLASS - MAGIC OF MUSIC

Tue. 20 Mar, 2018 at 7:00pm SAST
All Ages
Price: R150.00
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
Price: R150.00
All Ages
Event Description


DIE MANNE AGTER DIE MUSIEK


Deon van der Merwe is ’n bekroonde kitaarspeler en een van die oorspronklike stigterslede van Touch of Class. Buiten vir sy betrokkenheid by die groep, het hy ook verskeie suksesvolle kitaaralbums uitgereik, waaronder Kitaarboogie, Hits of The Shadows, Crying Guitar en A tribute to Ricardo Bornman. Laasgenoemde is in 2008 met ’n SAMA-toekenning vereer. Dié saggeaarde musikant, wat op vyftien begin kitaarspeel het, spog ook met ’n Meestersgraad in Kliniese Sielkunde. Alhoewel hy daarvan sou hou om met laasgenoemde ’n verskil in mense se lewens te maak, is dit sy allesoorheersende passie vir musiek wat harte raak. Hy luister na ’n wye verskeidenheid genres - veral Barok, Spaanse musiek en meer progressiewe Country en Blues - omdat hy voel dit hom meer oor sy instrument kan leer. Deon is vreeslik dankbaar vir al die sukses wat hy tot dusver in sy loopbaan bereik het en beskou dit as ’n voorreg om saam met Ruhan te werk. “Ek bewonder sy stemkwaliteit, vermoë om alle style te interpreteer en sy stem perfek aan te wend.Hy is alles wat ’n mens van ’n vriend en ’n vennoot kan verlang.”


Ruhan du Toit se veelsydige fluweelstem steel al harte vandat hy nog in die laerskool was. Hy het sy eerste album uitgereik op die ouderdom van tien en dit was maar net die begin van hierdie singende wonderkind se musiekreis. Sedertdien het hy gemiddeld 150 vertonings per jaar gedoen, rolle gehad in verskeie musiekblyspele en teaterproduksies, asook vier solo-albums en twee duet-albums saam met sy broer opgeneem. Hy is tans die hoofsanger van Touch of Class en meen dat dié voorreg hom te beurt geval het omdat hy op die regte tyd op die regte plek was. Hierdie talentvolle kunstenaar, wat homself beskryf as skaam en teruggetrokke, luister graag na sinvolle musiek en beskou dit as ’n seën om elke dag te kan doen waarvoor hy lief is en dit nog boonop met sy vrou te kan deel. Ruhan glo dat musiek ’n universele taal praat en het groot bewondering vir die feit dat Deon, na al die jare in die bedryf, nog kan opgewonde raak oor nuwe klanke. “Ek leer vreeslik baie by my vennoot. Ek het nog min mense teëgekom wat so passievol is oor musiek en sy instrument en dít is aansteeklik.”


 


VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA: BESPREKINGS EN NAVRAE:


Facebook: https://www.facebook.com/touchofclassmusic/ Marinda Du Toit


Twitter: @touchofclass123 Kontak: 084 602 1326 - Slegs oproepe


Webblad: www.touchofclass.co.za E-pos: [email protected]

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Centurion Teater/Theatre 123 Amkor Road
Centurion, Gauteng 0157
Join the Conversation

Follow the event with #CenturionTheatre