Touch of Class - Live at the Centurion Theatre

Sat. 8 Aug, 2020 at 7:00pm SAST
All Ages
Price: R150.00
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
Price: R150.00
All Ages
Event Description
Touch of Class - Live at the Centurion Theatre

Touch of Class is al vir dekades geseën met groot sukses in die musiekbedryf. Al het hierdie groep al verskeie ‘baadjies’ gedra, bly dit ‘n musiekgroep wat aanpas by hul aanhangers en die veranderende behoeftes en vereistes van die dinamiese Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Dit is ‘n tydlose musiekgroep wat keer op keer opslae maak.  Deon van Der Merwe, mede-stigter van die musiekroep beskryf sy ervaring as kitaarspeler van Touch of Class as volg: ‘Tot dusver was dit sowaar ‘n vervullende lewensreis. As iemand my môre vra om my droomloopbaan te kies, gryp ek sonder om te skroom verseker weer my kitaar!’


Een konstante en prominente figuur in hierdie groep is die kitaarspeler Deon van der Merwe. Deon het grootgeword in Kempton Park en het sy skoolloopbaan in Edenvale voltooi. Deon het groot geword op die verhoog. Sy eerste instrument was ‘n klein orreltjie wat sy pa vir hom gekoop het. As musikant het hy al met enige denkbare musiekintstrument geëksperimenteer en vele al bemeester, maar die een instrument waarmee hy ten einde Internasionale bekendheid verwerf het, is sy kitaar.


 


In Junie 2019 kondig Touch of Class aan dat Ruhan du Toit sy sololoopbaan gaan voortsit en dat Dusty Dixon die nuwe sanger van die musiekgroep word. Dusty Dixon het Deon van der Merwe genader om ‘n solo-album vir hom te komponeer en so het die twee musikante se paaie gekruis.


 “Die song is op my lewe gebasseer. Ek het was op daardie stadium van my lewe op ‘n kronkelpad. Dit gaan oor keuses wat jy maak in jou lewe. Daar is baie mense daar buite, maar jy moet kies – die keuse is joune.”, vertel Dusty Dixon oor hierdie enkelsnit.


Die bostaande enkelsnit handel oor alle lede van die Suid-Afrikaanse Weermag wat vir ons land geveg het. Hierdie lied dra veral ook hulde aan alle ‘Stille Soldate’ wat hul lewens vir Suid-Afrika verloor het, maar wat nou soms vergeet word. Al teken van hierdie helde, is hul name teen die ‘Muur van Herinneringe’.  Daarom is hierdie enkelsnit ook by die ‘Muur van herinneringe’ aan die Silent Soldiers organisasie opgedra. Die musiekvideo is tans op sosiale media beskikbaar en is in ‘n tydperk van 15 dae al 101 379 keer gekyk.

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Centurion Teater/Theatre 123 Amkor Road
Centurion, Gauteng 0157
Join the Conversation

Follow the event with #CenturionTheatre