TOUCH OF CLASS - MAGIC OF MUSIC

Wed. 10 Oct, 2018 at 7:00pm SAST
All Ages
Price: R150.00
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
Price: R150.00
All Ages
Event Description
TOUCH OF CLASS - MAGIC OF MUSIC

In die vroeë negentigs het die musiekpaar se loopbaan behoorlik vlam gevat met hulle eerste album, Ek en my Meisie, wat in 1992 goue- (25 000-eenhede verkoop) en in 1994 platinumverkoopstatus (30 000-eenhede verkoop) bereik het. Verskeie goue albums het gevolg, waaronder Bamboesbos, Stamp daai bene en Moenie worrie nie. Nadat Ronell in 2012 besluit het om op haar geestelike solo-loopbaan te fokus, het Ruhan du Toit by die groep aangesluit, en dit was die begin van ’n splinternuwe avontuur!
Ruhan en Deon het besluit om hulle uitsonderlike talent saam te span, die groep se repertoire uit te brei en weg te breek van die oorspronklike tong-in-die-kies-benadering. Vandag spog hulle met ’n nuwe
kontemporêre klank, wat aanklank vind by jonk en oud. Deon se instrumentele vernuf en Ruhan se
veelsydige vieroktaaf-stem is die perfekte pasmaats en, na twaalf albums saam, vermaak hulle gehore met ’n verskeidenheid musiekgenres uit verskillende eras, wat wissel van Country, Klassieke Rock, Rock ’n Roll en Pop, tot Klassieke Musiek, Blues en ander tradsionele musiekstyle.

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Centurion Teater/Theatre 123 Amkor Road
Centurion, Gauteng 0157
Join the Conversation

Follow the event with #CenturionTheatre