TOUCH OF CLASS - UNPLUGGED 27 FEB 2019

Wed. 27 Feb, 2019 7:00pm - 10:00pm SAST
All Ages
Price: R150.00
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
Price: R150.00
All Ages
Event Description
TOUCH OF CLASS - UNPLUGGED 27 FEB 2019

‘Hoendervleismooi’ is die perfekte woord om die bekroonde musiekgroep, Touch of Class, se werk op te som. Hierdie duo, wat oorspronklik bestaan het uit Deon van der Merwe en Ronell Erasmus, maak al sedert 1989 naam in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf en was aanvanklik die begeleidende orkes vir groot name soos Anneli van Rooyen, Manuel Escorcio en André Schwartz.


In die vroeë negentigs het die musiekpaar se loopbaan behoorlik vlam gevat met hulle eerste album, Ek en my Meisie, wat in 1992 goue- (25 000-eenhede verkoop) en in 1994 platinumverkoopstatus (30 000-eenhede verkoop) bereik het. Verskeie goue albums het gevolg, waaronder Bamboesbos, Stamp daai bene en Moenie worrie nie.


Nadat Ronell in 2012 besluit het om op haar geestelike solo-loopbaan te fokus, het Ruhan du
Toit by die groep aangesluit, en dit was die begin van ’n splinternuwe avontuur!


Ruhan en Deon het besluit om hulle uitsonderlike talent saam te span, die groep se repertoire uit te brei en weg te breek van die oorspronklike tong-in-die-kies-benadering. Vandag spog hulle met ’n nuwe
kontemporêre klank, wat aanklank vind by jonk en oud. Deon se instrumentele vernuf en Ruhan se veelsydige vieroktaaf-stem is die perfekte pasmaats en, na twaalf albums saam, vermaak hulle gehore met ’n verskeidenheid musiekgenres uit verskillende eras, wat wissel van Country, Klassieke Rock, Rock ’n Roll en Pop, tot Klassieke Musiek, Blues en ander tradsionele musiekstyle.


Alhoewel hulle vorige albums, Touch of Classic, Bring and Braai Volume 1, Bring and Braai Volume 2,
Salute the Legends: Gé Korsten, Salute the Legends: Groep 2, Salute the Legends: Smokie, Salute the
Legends: Classic Rock Volume 1, Salute the Legends: Demis Roussos & Joe Dolan, Salute the Legends:
Elvis, Salute the Legends: Show DVD en Dans in die Reën almal baie goed ontvang is, is dit die dubbelalbumwat in 2016 uitgereik is, 100 Duisend Perde, wat aanhangers se asems behoorlik weggeslaan het.


Dit het nie net binne sewe maande platinumverkoopstatus bereik nie, maar ook verskeie treffersparade-treffers – waaronder Ek steek my hand op – opgelewer, wat gereeld lugtyd op die radio en kassie geniet. Oor die jare, het die musiekpaar die verhoog gedeel met van die land se voorste kunstenaars by van die grootste musiekfeeste en –konserte. Hulle sielvolle weergawe van die bekende Simon & Garfunkel-treffer, The Sound of Silence, het die gehoor op hulle voete gehad gedurende hulle optredes by Classics is Groot en Afrikaans is Groot in 2016 en die musiekvideo is, sedert die vrystelling in Junie 2016, deur meer as twee miljoen mense op YouTube gekyk.


Hierdie musiekmeesters het beslis vir hulself ’n stewige plek in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf kom
vestig. 


VOLG HULLE OP SOSIALE MEDIA: BESPREKINGS EN NAVRAE:


Facebook: https://www.facebook.com/touchofclassmusic / Marinda Du Toit


Twitter: @touchofclass123  


Kontak: 084 602 1326 - Slegs oproepe


Webblad: www.touchofclass.co.za 


E-pos: [email protected]  


Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Centurion Teater/Theatre 123 Amkor Road
Centurion, Gauteng 0157
Join the Conversation

Follow the event with #CenturionTheatre