UIT DIEP VAN DONKER NAGTE

Multiple Dates & Times
All Ages
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
All Ages
Event Description


ONS PRYS DIE HERE VIR DIE SEëN OP DIE PRODUKSIE en is ongelooflik danbaar!!!!


Vrydag en Saterdag is uitverkoop, daar is nog wel 'n paar kaartjies beskikbaar vir die weeksaande.  Indien u die geleentheid misgeloop het, KAN U 'N DVD VAN DIE OPVOERING BESTEL @ R250.  Stuur asb 'n epos aan [email protected].


Sinopsis


Gregoriaanse dreunsang open ‘n Middeleeuse kerktoneel. Ons ontmoet die jong worstelende Luther wat na ‘n konfrontasie met die kleurvolle aflaatsmous, Tetzel, 95 Stellings vasspyker teen die kerkdeure van Wittenberg. Luther word tot orde geroep voor die Ryksdag van Worms. Daar uiter hy die bekende woorde waarmee hy sy lewe op die spel plaas: “Hier staan ek. Ek kan nie anders! Mag God my help!"


‘n Vlam van herlewing ontbrand dwarsdeur Europa. Calvyn tree tevergeefs in die bresse vir die Hervormers en Hugenote. Die konflik en vervolging bereik ‘n hoogtepunt tydens Bartholomeusnag, die bloedbruilofkomplot, gesmee deur die sluwe Franse koninginmoeder, Catharina de Medici. Nou verskuif die toneel na Nederland, waar Guido de Bres sy geloofsbelydenis oor die paleismuur gooi en met sy lewe boet, maar God is in beheer. Christus se oorwinning aan die kruis en ‘n geloofsblik op ‘n hemelse heerlikheid versterk en bemoedig getroue gelowiges deur alle eeue.


Die beleerde stad Leiden word ontset. Die Goue Eeu in Nederland breek aan. Franse vlugtelinge vind ‘n heenkome in Suid-Afrika en Amerika. So word die kosbare Evangelieboodskap  wêreldwyd versprei.  In die eeue wat kom, kan gelowiges die Halleluja triomflied sing.


Spesiale woord van die skrywer en regisseuse - Ina Opperman


“Uit Diep van Donker Nagte: Multimedia, teater-in-die-rondte - Herleef die dramatiese gebeure tydens die Reformasie 500 jaar gelede. Kunscollage van 16de eeuse grafika snoer dokumentêre vertelling saam met toneelspel, ensemblesang, kamermusiek, orreluitvoering en gehoordeelname.


“Ons wil oud en jonk meesleur deur hierdie kragtige getuienis wat die eeue oorspan; hoop bring in tye van verwarring.”


'n Spesiale dank aan ons borge:



VERTONING INLIGTING:


Wanneer: 25, 26, 27, 28 Oktober 2017


Waar: Gereformeerde Kerk Centurion, 226 Basden Ave, Lyttelton, Pretoria


Tyd: 19:00 vir 19:30


Pryse:



  • BLOK A: R180.00 per kaartjie (GROEN)

  • BLOK B: R120.00 per kaartjie (GEEL)

  • BLOK C: R  80.00 per kaartjie (PERS)


Betaling van kaartjie:



  • KREDIET- en DEBIETKAART transaksies vind hier plaas - KLIEK OP DIE "DATUM"(regs bo) om die proses te begin - hou ook asb u kredietkaart or debietkaart byderhand - U HET 30 MINUTE OM DIE TRANSAKSIE TE VOLTOOI!

  • Vir KONTANT bespreking sal u fisies by die kerkkantoor moet maak:


Kaartjiekantoor open: 1 Augustus 2017


ALLEENLIK - Sondae & Woensdae: van 10:00 tot 11:00


LET WEL: met hierdie opsie kan ons nie die beskikbaarheid van kaartjies waarborg nie - ons beveel die aanlyn aankope van kaartjie hoogs aan om sodoende teleurstelling te voorkom!!!


Kontakpersoon: Louisa van der Walt - 082 576 0692 - [email protected]


Dankie by voorbaat vir julle ondersteuning!


Vriendelike Groete,


DIE PRODUKSIESPAN

Comments
Select Tickets
Sorry, there are no upcoming events in this series.
Venue Details
Map of Venue Location.
GEREFORMEERDE KERK - CENTURION 226 Basden Ave
Lyttelton, Pretoria, Gauteng