Valiant Swart en Gian Groen Konsert met Ete

Fri. 5 Feb, 2016 at 8:00pm SAST
All Ages
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
All Ages
Event Description

Valiant en Gian speel van hulle gunstelling Blues-en Rocknommers



Valiant Swart is 'n Afrikaanse musikant en akteur van Stellenbosch, Suid-Afrika. Sy debuutalbum, Die Mystic Boer, is in 1995 deurRhythm Records uitgereik.


Swart se naam is volgens die musikant 'n verwysing na die swart Valiant wat sy pa gery het toe hy nog kind was. Swart se grootste treffer, "Die Mystic Boer" toon ooreenkomste met die gedig "Raka" van NP van Wyk Louw en spreek kwessies rondom die identiteit van die Afrikaner en sy soeke na 'n nuwe besef aan. Swart is naas Koos Kombuis een van die kunstenaars wat die meeste by die jaarlikse Oppikoppi-musiekfeeste in Northam opgetree het.


Hy was ook 'n hoofakteur in die TV-reeks "Song vir Katryn" en het 'n reisprogram oor jazzmusiek vir kykNET genaamd 40 dae deur die Delta, asook 'n kuier/reisprogram Mooiloop, vervaardig.


In 2008 word hy saam met Ollie Viljoen met 'n SAMA-toekenning vir hulle album Vuur En Vlam in die kategorie Beste Afrikaanse Tradisionele Album bekroon.


 


Gian Groen het sy loopbaan in die musiekbedryf in 1999 begin as liedjieskrywer en voorsanger van die eertydse rockgroep “Spinnekop”. Hierdie arachniese vierstuks het gehore regoor die land, veral studente, aan die “boogie” gehad met hul unieke vorm van boere rock en roll met treffers soos “Binneland In” en “Tiger en Louise”.


In 2000 stel “Spinnekop” hul eerste 6 snit EP getiteld, “Soet September” bekend en sowat twee jaar later hul eerste vollengte album getiteld, “GroenKitaar”wat deur die Beeld aangewys is as rock album van die jaar.


‘n Fenominale deurbraak in Gian Groen se musiekloopbaan vind plaas toe Laurika Rauch besluit het om Gian se “Vier Seisoene Kind” op te neem. Dit dien as aanspooring tot hoër hoogtes asook die skryf van talle nuweliedjies wat gereeld voortvloei uit sy kreatiewe pen. Hierna was daar talle versoeke deur bekendes waaronder Theuns Jordaan, Kurt Darren en Dozi om van Gian Groen se liedjies op te neem.


Gian se eerste solo album getiteld: “ Met die maan gepla” is in 2004 uitgereik en ‘n tweede een getiteld: “Lied van die Engele”, waarvan daar ook ‘n verhoogproduksie by KKNK te sien was, het in 2006 die lig gesien. Gian se laaste CD produksie,” Welkom in Somersburg”, is in 2008 vrygestel en die volgende een, “Stiltetyd” is pas voltooi.


Gian Groen vier van jaar sy 13de bestaansjaar as ‘n voltydse musikant. Met vyf CD prokuksies en nominasies as, onder andere, beste nuweling by 2003 se GMT en beste liedjieskrywer asook beste Afrikaanse rockalbum in 2005 en 2006 en twee herhaalde uitnodigings om op te tree by Huisgenoot Skouspel, is Gian Groen beslis ‘n gevestigde naam in die SA musiekbedryf. Hy is ‘n hoogs dinamiese kunstenaar wat vrylik rondbeweeg tussen ‘n verskeidenheid van genres en die aandag van oud en jonk kan trek.


 


 

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Die Herberg in Jacobsbaai Titius Turn
Saldanha, WESTERN CAPE 7395
Join the Conversation

Follow the event with #16hrs