Vêr van hier | Musiek
- Get Tickets
- Details
VÊR VAN HIER MET Anna Davel
MUSIEKREGIE: Graeme Lees
VERVAARDIGER: Anna Davel
As musikant reis ’n mens die land en soms die wêreld vol – partykeer in besigheidsklas op ’n oorsese vlug, of dalk in luukse toerbusse met lugreëling; ander kere is dit stowwerige road trips, oor grondpaaie en kronkelroetes heen.
Never a dull moment, maar uit elke avontuur word ’n song of ’n storie gebore.
Kom geniet ’n musikale verskeidenheid so reg in Anna se styl oor onverwagse lewensreise.
Die gehoor kan uitsien na stukke wat dié bekroonde kunstenaar die afgelope 20 jaar opgeneem het, asook splinternuwe liedjies, spesiaal opgediep uit vergete laaie.
Als natuurlik met stories van onbeplande afdraaipaaie tussendeur.
Tydsduur: 75 minute
Geen ouderdomsperking
Feesnavrae: [email protected] +27 61 5209041
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: [email protected]
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm
- Instagram: @kalfiefeeshermanuskunstefees
Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees