Verlangebos | WOORDKUNS | MUSIEK
- Get Tickets
- Details
VERLANGEBOS
Kom verwonder jou aan die skoonheid van die Afrikaanse Woord en Lied.
Die ou juweel, “My Sarie Marais”, kry ‘n amperse jazz-baadjie en André Terblanché se innige vertolking daarvan roer die hartsnare.
Volksmusiek - ou wysies en woorde - kry nuwe betekenis.
Nic de Jager – deurwinterde radioman met sy meesterlike aanslag op taal - vervleg gedigte en teks met melodieë uit die FAK en Liedermusiekskat, wat musiekregisseur en pianis, Rina Goldberg saamgestel het, om die siklus van die lewe uit te beeld.
Hierdie wonderskone produksie sal oud en jonk betower en siels-tevrede laat.
Tydsduur: 70 min
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: [email protected]
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm
- Instagram: @kalfiefeeshermanuskunstefees
Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees