Virseker Geesfees 2022

Fri. 18 Mar, 2022 at 7:00am - Sun. 20 Mar, 2022 at 10:00pm SAST
All Ages
R0.00 - R100.00
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
R0.00 - R100.00
All Ages
Event Description


Virseker en Solidariteit Helpende Hand bied ʼn fees om mense se gemoedere én kinders se honger magies te voed. Die Virseker Geesfees vind plaas vanaf 18 tot 20 Maart 2022 by Lekwena Wildlife Estate, ongeveer 10 km buite Potchefstroom.


Kunstenaars soos Adam Tas, Ricus Nel, Ruhan du Toit, Irene-Louise, Jay en vele meer gaan oor dié drie dae vir vermaak sorg. Daar gaan ook verskeie stalletjies, insluitend lekker kosstalletjies, asook aktiwiteite vir oud en jonk wees. Die kunstenaars se vertonings sal regstreeks op verskeie aanlyn platforms uitgesaai word sodat kykers wêreldwyd die fees saam kan geniet.


Die organiseerders en borge van die fees poog om voedsel vir die siel te verskaf, asook om bewusmaking oor hongersnood onder die land se kleuters te skep. 


Om feestelik te wees is een ding, maar ons wil ook graag die fees aan ʼn groter doel koppel. Die realiteit is dat daar elke aand kleuters is wat honger gaan slaap, want hul ouers kan net eenvoudig nie bekostig om vir hulle kos te voorsien nie. Daar is tans meer as 8 000 kleuters wat deel van Helpende Hand se #StopHonger-voedingskema uitmaak. #StopHonger help kleuterskole in Afrikaanse gemeenskappe met koopbewyse om kos vir hulpbehoewende kleuters aan te koop, en vir vele van dié kleuters is dit hul hoofmaaltyd vir die dag.


Virseker Geesfees2022:


Kliek hier om program af te laai:


Vrydag, 18 Maart 2022



  • Willem van der Ryst

  • Adam Tas

  • Ricus Nel


Saterdag, 19 Maart 2022



  • Ichnus

  • Irene-Louise

  • Jay & Liani May

  • Maart is Baardkompetisie in samewerking met Buffelsfontein Baardolie


Sondag 20 Maart 2022



  • Jannie Moolman

  • Corlea

  • Ruhan du Toit


Hekke open teen 07:00 elke oggend en sluit teen 22:00.


Geen kaartjies sal verkoop word by hekke nie.


Aanlyn kaartjie verkope op TIXSA asook by Kooperasie Kroeg en Kos (Potchefstroom) terwyl vooraad hou.


Kostes vir die fees beloop as volg:



  • Kinders 0-6 Jaar - Gratis

  • Kinders 7-13 Jaar Vr. 18 Mrt 2022 – R100

  • Kinders 7-13 Jaar Sa. 19 Mrt 2022 – R100

  • Kinders 7-13 Jaar So. 20 Mrt 2022 – R100

  • Kinders vanaf 7-13 Jaar (3-Dag Naweek Kaartjie) – R200

  • Volwassenes Vr. 18 Mrt 2022 – R150

  • Volwassenes Sa. 19 Mrt 2022 – R150

  • Volwassenes So. 20 Mrt 2022 – R150

  • Volwassenes (3-Dag Naweek Kaartjie) – R300

  • Lootjiekaartjie – R100

  • Donasie van jou keuse


Sondag, 20 Maart 2022, Wynproe & Kosparing



  • VIP Tent/area

  • Tydens vertoning wat kunstenaars insluit: Jannie Moolman, Corlea, Ruhan du Toit) - R4500 per tafel van 10 persone.

  • Sluit 5 soorte wyn asook 5 soorte Canapés in

  • *BEPERKTE KAARTJIES BESKIKBAAR


WEN  *  WEN  *  WEN 


- met #WOESTv en @geesfees2022


#WOESTv is 'n interaktiewe aanlyn stromings program wat stroom na Facebook & #YouTube. Jy kan lekker deelneem uit die gemak van jou eie sitkamer.


KYK DIT GRATIS OP FACEBOOK & YOUTUBE


Stel sommer nou al jou "reminder" hier


Vrydag: https://youtu.be/bmyS6xQuS7M


Saterdag: https://youtu.be/hQonVtWgVBI


Sondag: https://youtu.be/8vwBWopxVsU



Vir enige kaartjie navrae kontak ons kaartjievennoot TIXSA.


TELEFOON:


012 880 26 35 WERKSURE:


MAANDAG - VRYDAG 9VM – 5NM


SATERDAE 10VM – 2NM


SONDAG 10VM -1NM


PUBLIEKE VAKANSIEDAE: 10VM – 1NM

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Lekwena Wildlife Estate Lekwena Wildlife Estate
Potchefstroom, North West 2520
Join the Conversation

Follow the event with #StopHonger