Virseker Geesfees 2023 | Dagkaartjies

Multiple Dates & Times
All Ages
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
All Ages
Event Description
Virseker Geesfees 2023 | Dagkaartjies

In 2022 het Virseker en Solidariteit Helpende Hand hande gevat om ‘n nuwe fees op die been te bring wat nie net sorg vir feeslikheid onder Feesgangers nie, maar ook om kinders se honger magies te voed. Met groot opgewondenheid doen ons dit weer in 2023.


Die Virseker Geesfees vind plaas vanaf 24 tot 26 Maart 2023 by Lekwena Wildlife Estate, ongeveer 10 km buite Potchefstroom


Kunstenaars soos Appel, Juan Boucher, Bernice West, Demi-Lee Moore en vele meer gaan oor dié drie dae vir vermaak sorg. Daar gaan ook verskeie stalletjies, insluitend lekker kosstalletjies, asook aktiwiteite vir oud en jonk wees.


Die organiseerders en borge van die fees poog om voedsel vir die siel te verskaf, asook om bewusmaking oor hongersnood onder die land se kleuters te skep. 


Om feestelik te wees is een ding, maar ons wil ook graag die fees aan ʼn groter doel koppel. Die realiteit is dat daar elke aand kleuters is wat honger gaan slaap, want hul ouers kan net eenvoudig nie bekostig om vir hulle kos te voorsien nie. Daar is tans meer as 8 000 kleuters wat deel van Helpende Hand se #StopHonger-voedingskema uitmaak. #StopHonger help kleuterskole in Afrikaanse gemeenskappe met koopbewyse om kos vir hulpbehoewende kleuters aan te koop, en vir vele van dié kleuters is dit hul hoofmaaltyd vir die dag.


Virseker Geesfees 2023:


Program binnekort beskikbaar


Vrydag, 24 Maart 2023



  • Prop

  • Reën

  • Juan Boucher

  • Appel


Saterdag, 25 Maart 2023



  • Eloff

  • Pieter Smith

  • Bernice West

  • Brendan Peyper

  • Robbie Wessels


Sondag 26 Maart 2023



  • Rooksein

  • Chris Else

  • Demi-Lee Moore

  • Ricus Nel


Hekke open om 08:00 elke oggend en sluit teen 22:00.


 


Kaartjies aanlyn te koop asook by Kooperasie Kroeg & Kos vanaf 01 Februarie 2023 TErwyl voorraad hou. Kaartjies by die hek beskikbaar teen addissionele koste.


B’s en V’s


Deur ‘n kaartjie vir GeesFees 2023 te koop stem jy daartoe in dat Virseker vir jou elektroniese bemarking mag aanstuur. Jy is onder geen omstandighede verplig om ‘n polis by Virseker of enige geaffilieërde vennote uit te neem nie.




TELEFOON: 012 880 26 35 / [email protected]


WERKSURE:


MAANDAG - VRYDAG 9VM – 5NM


SATERDAE 10VM – 2NM


SONDAG 10VM -1NM


PUBLIEKE VAKANSIEDAE: 10VM – 1NM

Comments
Select Tickets
Sorry, there are no upcoming events in this series.
Venue Details
Map of Venue Location.
Lekwena Wildlife Estate Lekwena Wildlife Estate
Potchefstroom, North West 2520
Join the Conversation

Follow the event with #Geesfees_2023