Vlerksleep

Veelvuldige datums & Tye
Alle ouderdomme
Alle ouderdomme
  • Kry kaartjies
  • Besonderhede
Event Stats
Alle ouderdomme
Event Description


Volgens die verklarende woordeboek van die Afrikaanse taal beteken “vlerksleep” om by ’n meisie aan te lê, soos wat mannetjiesvoëls – veral duiwe – hulle vlerke sleep om die wyfies se aandag te trek! 


In regisseur Frans Swart se nuwe produksie Vlerksleep deur Peter Quilter ontmoet ons vir Anton (David James) en Louise (Elma Potgieter), beide in hul laat vyftigs. Albei is ook onlangs geskei en nou in die proses om te begin kyk na nuwe metgeselle deur op ’n aantal toe-oogafsprake te gaan. Vlerksleep volg die twee se eskapades deur ’n reeks onverwagte, eksentrieke en wisselvallige romantiese probeerslae waar absoluut niks volgens plan verloop nie!


Kom sleep vlerk saam met David James, Elma Potgieter, Richard van der Westhuizen en Steffie le Roux. 


Deur Peter Quilter | Vertaling en regie Frans Swart
Met David James, Elma Potgieter, Richard van der Westhuizen en Steffie le Roux 


Reserveer kaartjies
Kies asseblief 'n beskikbare datum en tyd:

Venuebesonderhede
Map of Venue Location.
AfriForum Teater Greenlyn Village-sentrum H.v. Thomas Edison en, 13th St, Menlo Park
Pretoria, Gauteng 0081