Vox Chamber Choir Lente-konsert

Sun. 19 Sep, 2021 3:00pm - 6:30pm SAST
All Ages
Price: R150.00
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
Price: R150.00
All Ages
Event Description
Vox Chamber Choir Lente-konsert

Die Vox Chamber Choir vier die lente op 19 September 2021 by die Voortrekkermonument.


Die koor is in 2017 deur die komponis Franco Prinsloo gestig  met die spesifieke doel om sy komposisies uit te voer en op te neem.


Sedertdien het die koor van krag tot krag gegaan met vyf CD’s, twee internasionale goue medaljes by internasionale koorkompetisies asook vele groot optredes en opnames. 


Vox Chamber Choir het in Maart 2021 Franco Prinsloo se paas-oratorium, “Kruis van Liefde” in samewerking met RSG uitgesaai.


Die werk sal gedurende Paastyd in 2022 op kykNET te sien wees. Kom geniet die vars lentelug, ’n glasie wyn en die asemrowende uitsig van die stad voor die optrede. Alle winste van die vertoning word aan die Voortrekkermonument geskenk.


Sien julle daar.


Vir enige kaartjienavrae kontak ons kaartjievennoot TIXSA by:


012 880 26 35  / [email protected]

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Voortrekker Monument Heldesaal Eeufees Road
Pretoria, GP 0027
Join the Conversation

Follow the event with #VoxChamberChoirLenteKonsert