Vrou, Vrouer, Vrouste

Sa. 28 Feb, 2026 om 2:00nm SAST
Geen kinders onder 13 jaar nie
Geen kinders onder 13 jaar nie
  • Kry kaartjies
  • Besonderhede
Event Stats
Geen kinders onder 13 jaar nie
Event Description


Petronel Baard en Lidi de Waal bring ’n unieke en hartroerende produksie na die verhoog met Vrou, Vrouer, Vrouste, ’n kragtige en kunsryke kombinasie van woordkuns, musiek en lewenservaring. Die produksie balanseer humor en emosie, en neem die gehoor op ’n reis vol lag, trane, hoop en selfontdekking.


Volgens Lidi self is dit “’n snaakse, ‘sad’, hopelose, hoopvolle woord-, kuns- en musiekreis na jou vredevolle self.” Die twee kunstenaars bied nie net vermaak nie, maar ook diep sielsinhoud en menslike insig in ’n formaat wat eg en treffend is.


Vrou, Vrouer, Vrouste – kom ontborstrok en kom wees deel van hierdie viering van vrouwees, kreatiwiteit en menslikheid.


Lidi de Waal is ook benewens haar unieke en lieflike kunswerke bekend as ’n digitale inhoudskepper met etlike duisende volgelinge. Petronel Baard het ’n volle, nuwe album geskep vir Vrou, Vrouer, Vrouste van Lidi se digkuns en ander musiek uit haar pen, wat eksklusief te koop is by die vertonings.


Kommentaar
Kry kaartjies
VisaMasterCardSID Instant EFT
Venuebesonderhede
Map of Venue Location.
AfriForum Teater Greenlyn Village-sentrum H.v. Thomas Edison en, 13th St, Menlo Park
Pretoria, Gauteng 0081