Affie-Wildsfees 2019

Mon. 22 Jul, 2019 - Sat. 3 Aug, 2019
All Ages
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
All Ages
Event Description
Affie-Wildsfees 2019

Ons het vanjaar ʼn opwindende groep kunstenaars wat by die Affie-wildsfees gaan optree. Ons kuier oudergewoonte in die lapas terwyl die Affie-werf se padstal eetgoed soos pannekoek en lekkernye verkoop. Talle uitstallers kan by ons snuffelmark besoek word en die pret-park sal reeds vanaf 14:00 oop wees. Ons eie Orkes-koppekap-wenners begin ons musiek-fees om 16:00. Hierdie jaar tree die volgende kunstenaars almal op by die fees: Oud-Affie -Janco Loubser, Uncle Spike (met oud-Affie Marcel van der Veen), Oud-affie Zaan Sonnekus en ons hoof kunstenaars - Spoegwolf. Tussen deur sal ons veiling ook plaasvind.


Hekke & Pretpark open 14:00


Kom kuier saam by jou lapa:


Bring saam: Eie stoel, eetgerei en drinkgoed
Jou lapa verskaf: Wildsgeregte en bykosse


Nota: Indien jy die terrein na 18:00 verlaat word die bandjie geknip en sal jy nie weer die terrein toegelaat word nie.


Aanlynkoopinstruksies:


Kies leerling se graad en die aantal kaartjies by die onderskeie skole. 


Bv. Jy wil 3 kaartjies in totaal koop maar afsonderlik by albei skole koop.  Kies: AHS graad 8 en dan getal kaartjies – “2” en AHMP graad 10 en hoeveelheid kaartjies “1”.


Kontak gerus ons aanlynkaartjievennote vir verdere hulp of navraag: 


Eposadres: [email protected]


Nommer: 087 087 7464


 


 

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Afrikaanse Hoër Seunskool Jorisson & Lynwood
Pretoria, Gauteng 0002