Zonkie en die laaste boomhuis
- Get Tickets
- Details
Zonkie en die laaste boomhuis.
Deur Cindy Swanepoel.
’n Pret-aand vir die HELE gesin - van oud tot jonk!
Wanneer die eens pragtige Stad van Groen in die Stad van Grys verander, plaas ’n jong meisie en haar vriende, Knetter (die eekhoring), Uilbertus (die uil) en Madame Skadu (die straatkat) alles op die spel om ’n enkele saadjie aan die groei te kry omdat hulle weer plante en suurstof in die stad wil terugkry. In ‘n tweede verhaal vertel La-dee-da (die hadeda) van ’n dapper voëltjie se vlug ondanks al die gevare in die lug, en in ‘n derde verhaal vertel Knopie Satyn (die spinnekop) van haar soektog na ‘n veilige plekkie in iemand se huis om haar web te spin. Sal sy oorleef? Die verhale prikkel die lagspiere, die verbeelding én die hartsnare terwyl fabelagtige handgemaakte karakters en meesterlike poppespel die gehoor betower.
Vervaardiger: Swan Dive Collective
Regisseur en Skrywer: Anèl Wood
Musiek: Lucinda Bosch
Choreografie: Cindy Swanepoel
Ontwerp: Imile Wepener
Verhoogbestuur: Zonika van Zyl
Vrydag, 31 Julie 2026.
B|Loved Klein Teater, Shere, Pretoria-Oos.
Aankoms - 19:00
Vertoning begin - 20:00
Kontantkroeg beskikbaar.
Kinders: R50.00
Volwassenes: R100.00
Met trots ondersteun deur:
ontbytSAKE
Ons Mense. Ons Besighede. Ons Trots.
WERKSURE
Kaartjieverkope Ondersteuning:
Maandag - Vrydag: 9vm - 5nm
Saterdae: 10vm - 2nm
Sondae: 10vm - 1nm
Openbare Vakansiedae: 10vm - 1nm
- Instagram: @ontbytsake
Follow the event with #ontbytsake