VIP (R735.00)
Jou VIP-kaartjie sluit in:
- Toegang tot ‘n eksklusiewe VIP-tent vol gemak en skadu
- VIP-parkering
- ‘n Welkomdrankie met jou aankoms
- 1 x gebottelde water
- 1 x ete – ‘n heerlike spitbraai
- Toegang tot die VIP-kroeg
- Gebruik van spesiale VIP-badkamers
- Toegang tot ‘n afgesperde VIP-Golden Circle dansarea reg voor die verhoog
- Eksklusiewe inskrywing vir ‘n VIP-kompetisie (hou sosiale media dop)
Kinders en kleingoed wat die VIP-area betree en gebruik maak van ‘n sitplek of ete, moet ook ‘n VIP-kaartjie hê. Omdat sitplekke en etes vooraf beplan en bespreek word, is elke plek waardevol — en daarom benodig elke persoon, ongeag ouderdom, hul eie kaartjie vir toegang tot die VIP-area. Baba's tot en met 6 maande wat in die arms of stootwaentjie is, sal toegelaat word sonder 'n kaartjie.