Dinner for One/Sopper vir Een
- Kry kaartjies
- Besonderhede

Dinner for One (ook bekend as The 90th Birthday) het kultusstatus verwerf nadat dit in 1963 in Hamburg verfilm is. Dit is vandag ’n geliefde Oujaarstradisie op televisie en is eersdaags op die planke by AfriForum Teater.
Die skets speel af in ’n ou Britse herehuis waar Miss Sophie, gespeel deur Elma Potgieter, haar 90ste verjaardag vier. Haar gaste is egter lankal oorlede, maar haar lojale huiskneg James (gespeel deur David James) moet steeds die viergangmaaltyd bedien – en ook elke gas se drankie namens hulle drink. Met elke rondte raak James al hoe vroliker en die spanning bou wanneer hy telkens oor die tiervelmat moet stap.
As toegif volg Sopper vir Een, ’n Suid-Afrikaanse parodie deur Frans Swart. Hier speel Elma die huiskneg en David vertolk Miss Sophie – met ’n verrassende, plaaslike kinkel wat groot pret beloof!
Met Elma Potgieter en David James
Deur Lauri Wylie | Regie Frans Swart
