Glimlag Fees Pretoria

Sat. 1 Jun, 2024 10:00am - 10:00pm SAST
All Ages
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
All Ages
Event Description
Glimlag Fees Pretoria

Glimlag Fees Pretoria 2024 - 'n Feeservaring van puik kunstenaars!


Maak gereed vir 'n uitsonderlike feesgeleentheid wat die hart van Pretoria gaan laat dans! Die Glimlag Fees Pretoria, met trots aangebied deur Power Build, vind vir die heel eerste keer plaas op Saterdag, 1 Junie 2024, met 'n ongelooflike program van kunstenaars wat jou sal betower en vermaak van die hoogste gehalte bied vir almal.


Laat jou sommer verstom deur die talent van kunstenaars soos Karen Zoid, Francois van Coke, Martin Bester, Eloff, West, Kurt Darren, Matthew Mole, Chris Steyn, Taschè, Juanita du Plessis en Liam Black, met Pieter Koen en Henry Bruinette as die gesamentlike MC’s vir die dag! 
Hierdie legendariese kunstenaars is gereed om jou 'n onvergeetlike program te bied, met optredes wat jou siel sal raak en jou hart sal laat dans.


Die Glimlag Fees Pretoria is 'n geleentheid vir die hele gesin. Met 'n atmosfeer gelaai propvol opwinding sal daar vir alle ouderdomme iets wees om van te geniet. Die fees bied ook 'n verskeidenheid stalletjies en ander vermaak, terwyl die musiek die oorheersende tema van die dag is. 


Onthou: VIP prys is vir alle ouderdomme. Geen afslag vir kinders of pensionarisse as jy VIP kaartjies koop nie.


Op 1 Junie 2024 kan jy kom en deel raak van hierdie feesviering wat beloof om die hoogtepunt van Pretoria se kalender te wees. Verseker jou kaartjies nou en wees gereed vir 'n dag vol musiek, vreugde, en onvergeetlike oomblikke by die Glimlag Fees Pretoria 2024!
 
Vir elke kaartjie wat gekoop word, is daar ook twee groot pryse te wen!
Tot en met 27 Mei 2024 staan elke kaartjiehouer die kans om ’n diamant ring ter waarde van R100 000.00 te wen, met trots geborg deur C.H Diamonds!
Boonop diè lekker nuus, staan elke kaartjiehouer OOK ’n kans om ’n Smile Makeover te wen, met die grootste glimlag geborg deur die einste Untouched by Dr. Esmari du Toit – ter waarde van R60 000.00!


In 2023 het meer as 12,500 feesgangers die pure vreugde van die Glimlag Fees in Benoni beleef, en 2024 belowe 'n selfs meer opwindende ervaring. Maak gereed om jouself te verloor in 'n dag van puik vermaak, gelag, en onvergeetlike herinneringe. Moenie die hoogtepunt van 2024 misloop nie - die Glimlag Fees Pretoria! 


Verseker jou kaartjies nou en wees deel van hierdie besonderse fees!




GET INTOUCH

012 880 26 35 /[email protected]

OPERATING HOURS

Ticketing Support:

Monday - Friday 9am - 5pm Saturdays 10am - 2pm Sundays 10am -1pm Public Holidays 10am - 1pm

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Voortrekker Monument Eeufees Rd, Groenkloof
Pretoria, Gauteng 0027