Mel die Storieverteller - Internet Sensasie by Kleinkaap Centurion
- Get Tickets
- Details

Mel die Storieverteller – Internet Sensasie
In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie, Mel die Storieverteller in lewende lywe op ‘n verhoog lyk. Nou stroom almal na haar vertonings want Mel is toe skreeusnaaks in die regte lewe ook (vir mans en vroue).
In haar derde komiese een-vrou vertoning, Internet Sensasie, gaan gehore uitvind dat Mel nou kan sing ook.
Mel deel uit eerstehandse ervaring stories vanuit die elektroniese oerwoud vol aandagsoekers en liggelowiges: Oom Riekert se groot fout, ‘n beplande vuisgeveg in ‘n taai plek met die naam KuduKraal, hoe ‘Mel die Storieverteller’ ontstaan het en die siekte op haar voorkop.
Die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik, maar blykbaar alles waar, wel, so sê Facebook, en ons almal weet wat op die internet staan is ‘n feit, maar kan betwyfel word, tensy jy dit wil glo!
- 29 Mei 2026
- Deure open 17h30 - Ete bedien vanaf aankoms
- Vertoning begin om 19h00
- R420 per persoon (Ete & Vertoning ingesluit)
Bespreek jou kaartjies aanlyn by https://kleinkaap.co.za/eventsandfestivals/
Kaartjies word slegs verkoop deur tixsa.co.za – geen herverkoperkaartjies word aanvaar nie. Kaartjies is nie terugbetaalbaar nie. T’s & C’s geld.
Navrae: [email protected] | 012 654 9878
- Twitter: @kleinkaaphotel
- Instagram: @kleinkaaphotel
Follow the event with #kleinkaap